Emile se nuwe Franse CD, "Chanson", nou beskikbaar!
Ou bekendes soos “La vie en rose” en “Je ne regrette rien” kry ‘n nuwe baadjie met Emile se vars verwerkings. Beleef die sjarme van die Franse chanson, aangebied met Emile se kenmerkende energie en styl.
Kontak Emile by info@emileminnie.com om die CD te bestel.
Emile is binnekort op toer om die CD te bemark - kyk gerus op die kalender wanneer Emile in jou omgewing gaan wees.
Die 15de Jaarlikse MTN South African music Awards, 2 Mei 2009, om 20:00 op SABC 1
Emile Minnie se album Nagmusiek, is genomineer vir 'n SAMA toekenning in die kategorie: Alternative music album, Afrikaans.
Emile het by die 2008 Skouspel in Sun City 3e gekom in
die Huisgenoot Liedjieskryf-kompetisie met sy nuwe liedjie "Vang my"!
Emile Minnie skryf Afrikaanse liedjies wat kóók, en hy sing hulle met géés! KKNK Kanna-genomineerde vir Beste Musiekteater, World Song Contest finalis, ATKV Crescendo Top 10 finalis, Emile is 'n Afrikaanse kunstenaar wat sy storie kén!
"Die mooiste mooi nóg!" - CJ die Loslit DJ, Vrouekeur
"Uitstekend!" - Jaco Visser, KKNK Krit
" 'n Stem wat knieë laat knak - Minnie mág maar!" - Schalk Schoombee, Beeld
Danksy Youtube is Emile nie nou net op MK89, KYKNet en die SABC nie en kan julle hier na van sy video's kyk.
Luister na Emile se musiek:
Albums en aanlyn snitte is ook te koop by: EMUSIEK en i-Tunes (slegs buite SA)
Goeie nuus vir buitelanders wat van Emile se musiek hou,
en graag sy nuutste album "Nagmusiek" wil aankoop: dit is nou
moontlik met CD Baby wat tans voorraad aanhou van "Nagmusiek". Dit
beteken dat jou pakkie moeitevry versend word vanaf Amerika, en nie Suid Afrika
nie, daarom sal posgelde ook heelwat minder wees. Maak sommer gou 'n draai by
CD Baby deur hier onder op hulle logo te klik.
Vir CD aankope in Suid-Afrika,
Kontak Emile direk by info@emileminnie.com as jy 'n getekende
kopie van sy CD's wil bestel.
Jy kan ook enkel liedjies aankoop vanaf sy Nagmusiek album by EMUSIEK